madelein_schreuder's ideas
Ek is gek oor die wastafel wat in hierdie foto is. Ek hou baie van ou meubels en gee nie om om bietjie geld daarop te spandeer nie, want dis iets wat ek vir altyd kan gebruik. My ma het 3 wastafers in haar huis en ek dink as ek mooi vra sal ek dalk een mag gebruik. Ek weet egter nie of dit in ons huis sal inpas nie, voel of dit nogal spasie nodig het. But you're the expert.
Ek hou nogal van die manier waarop hierdie mure geverf is, dit bring bietjie tekstuur
Ek is gek oor hierdie ou rocking chair. Dit neem ook min spasie op en is 'n "staple piece"
Ek hou baie van die kombinasie van oud en nuut in hierdie foto en die kombinasie van kleur saam met die ouer meer basiese leer en hout.
Hier is 'n paar goed waarvan ek hou in die prentjie; Die stoele (hulle is beskikbaar by @Home), die skoon lyne van die floating shelf en die tv kas, die poef wat onder die tv kas is as ekstra sitplek, die effekleur bank wat gekombineer is met die printed eensitplek bank.
Hierdie konsep is vir my baie mooi. Die banke, die kleure. Die ligte vertrek met die effens donkerder mure en die blou aksente.
Ek is mal oor hierdie rottang/hout stoel
Hierdie kas is vir my pragtig. Sommer net 'n idee van wat vir my mooi is, dink nie ons sal plek he in die huis daarvoor nie.
Hierdie gaan waarskynlik die meeste sitplek verskaf. As ons iets soortgelyk kan kry vir 2, 3 of 4 sitplekke sal dit perfek werk. Wonder tog of 'n ronde tafeltjie nie beter van die view gaan gebruik maak nie?
As ek bar stoeltjies sonder rugleunings kies dan sal dit soos die lyk.
Hierdie is d basiese idee v wat ek op d stoep beplan
Hierdie lyk na n briljante space saver idee!
Daar was op 'n stadium soortgelyke bar stoeltjies by MR P Home. Ek weet nie of hulle sterk genoeg is vir buite nie, maar dis vir my baie mooi.
Hierdie is vir my baie mooi, maar ek dink hulle gaan dalk swaar kry op die stoep met die wind en weer.
Hierdie kan ook werk vir die stoep want dan kan ons dalk 4 op die stoep inkry ipv 2. Of nog beter dalk twee met rugleunings en twee soos hierdie. Marna, hierdie begin my nou lekker opgewonde maak!
Ons kan dalk 'n klein ottoman storietjie op die stoep sit ipv die groter een wat ek vroeer getag het. Dis ook ekstra sitplek en bereplek vir die kussing.
Hierdie stoeltjies lyk nie so gemaklik nie, maar is vir my baie baie mooi. Dit kan dalk werk.
Ek dink amper nie ons gaan 4 stoeltjies op die stoep kan inpas nie, maar hierdie lyk uber gemaklik en lekker vir kuier. Die hele idee lyk lekker.
Hierdie outjie lyk ook vir my na 'n blink plan vir die stoor van die buite kussings. En dit kan dalk as ekstra sitplek dien buite.
Marna, ek dink hierdie stoele is redelik eenvoudig en behoort buite te kan werk. Ek is net bewus van die wind wat nogal erg kan waai, so hulle moet klein bietjie swaar wees.
Mal oor die tafel, lig en spieel
Q